Hermien En Die Hartedief - Anita du Preez (Paperback)

Out of Stock
Price
78
RRP
R 99.95
(-22%)
No reviews yet.

Description

Hermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van ’n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar nie. Sy wat Hermien is, het ’n baie gawe kêrel en haar eie, suksesvolle besigheid. Jamie is net in die pad, veral toe hy aandring om ’n paar dae by haar te bly om te skuil van sy nuutste porsie gebakte pere. En tog . . . hy’s Jamie . . . Hermien se sake loop vreeslik deurmekaar. Sy en Jamie beland in die bed op ’n manier wat haar laat duisel, die saai maar goeie Wynand vra haar om te trou en sy sê ja, daar’s ’n onverwagse swangerskap en les bes ’n verwarde vakansie in Italië. Deurentyd worstel Hermien met haar demone: Sy glo sy’s te mollig en sy kan geen man vertrou nie, allermins die player Jamie, weens haar pa se kaperjolle en haar ma se gebroke hart. Jamie moet alles uithaal om haar te wys dat hulle twee saam álles kan hê, maar eers moet hy én Hermien albei ‘n groot stuk grootword aanpak.

Product Details

Barcode
9780624063674
Department
Books
Released
20 Sep 2013
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Anita du Preez
Binding
Paperback
Publisher
Tafelberg
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
224
Dimensions
213 x 137mm (325g)

Fiction

General Subject
Romance/Historical
BISAC Subject 1
Fiction / Romance / General
BIC Classification 1
Romance