In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref ’n orkaan ’n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op ’n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te lê wanneer ’n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde
Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die
langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende
duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan
bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns
en 'n klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref
'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n
tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se
geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die
moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas
te le wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie
het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik
deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
Bettie Naude (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter
Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith
is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy
Trompie- en Saartjie-reekse het ’n belangrike bydrae tot die
Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank
lus en lief vir lees gemaak. Bettie Naude’s character Saartjie has
been popular among young Afrikaans readers for a long time. Naude
is the pseudonym of Topsy Smith, one of the most successful youth
authors in Afrikaans. His Trompie and Saartjie series made an
important contribution to Afrikaans literature and for a long time
inspired young people to read.
Book Preview
Click the Google Preview button to view an excerpt from the book.