Die Blou Van Onthou - Marita van der Vyver (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
242
RRP
R 315
(-23%)
(2 user ratings)
No reviews yet.

Description

Marita van der Vyver se jongste publikasie is ’n wydstromende rivier van ’n roman, 'n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings. Die verhaal word vertel vanuit die perspektief van drie opeenvolgende generasies – drie vroue wat reageer op mekaar en hul tyd. Hulle lewe in spanning, tussen weggaan en moet bly, en tussen vergeet en móét onthou, omdat onthou die enigste skakel is wat hulle nog met die oerbron van hul bestaan verbind. Dié skakel in die verhaal word verskaf deur Colette Cronjé, die oudste van die vroue wat as 't ware na die oorsprong teruggedwing word wanneer sy ‘n brief ontvang van haar lank verlore kleindogter, Tina. Deur dié onverwagse kontak begin Colette onthou, en sy begin vertel, want Tina is op die spoor van die familiegeskiedenis – en onderweg na Portugal, waar alles begin het. ’n Leeftyd lank het Colette dit reggekry om daardie vroeë episode te verdring. Nou word sy gedwing om dit wat sy destyds so jubelend in haar joernaal beskryf het, opnuut in herinnering te roep. Sy word weer gekonfronteer deur Tina se biologiese ma, háár dogter, se desperate verset teen haar herkoms, haar kultuur, die land se politieke bestel. En dit ruk haar terug na die omstandighede wat haar jare gelede alle kontak met haar kleinkind ontneem het. Wanneer haar ouers kort ná mekaar sterf, spoor Tina haar bejaarde ouma op en laat haar vertel: Van Portugal. Van haar dogter, Nandi, wie se verset so ver gestrek het dat sy haar kind laat aanneem het en alleen oorsee is om te sterf. En die verhaal wat sy hoor, laat Tina besluit om terug te loop op die spore . . . in die hoop om haar herkoms op sy felste te belig. Die blou van onthou is deels 'n Afrikanergeskiedenis, deels die geskiedenis van 'n bepaalde familie. Marita van der Vyver laat jou vir hierdie familie soveel omgee dat hulle geskiedenis ten slotte voel soos jou eie – deur nuwe oë gesien.

Product Details

Barcode
9780624055181
Department
Books
Released
1 Oct 2012
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Authors
Marita van der Vyver
Marita Van Der Vyver
Binding
Paperback
Publisher
Tafelberg
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
360
Dimensions
213 x 137mm (395g)

Summary

In die skemer van haar lewe kry Colette Cronje 'n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook die van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek. Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van 'n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en moet onthou. Saudade, leer Colette in Portugal, is die liefde wat bly nadat die voorwerp van die liefde verdwyn het. Die blou van onthou is 'n wydstromende rivier van 'n roman, 'n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.

Fiction

General Subject
Literature/Classics
BISAC Subject 1
Fiction / General
BIC Classification 1
Modern & contemporary fiction (post c 1945)