Die Neus: 'n Raaiselroman - Deborah Steinmair (Paperback)

Out of Stock
Price
177
RRP
R 225
(-21%)
No reviews yet.
Raru Electronics Poll - Huawei CM70-C FreeLace In-Ear Wireless Neckband Headphones - Up For Grabs Details...

Description

’n Verbeeldingryke speurroman of ’n swart komedie; hoe mens dit ook al lees, hierdie verhaal met sy fantasmagoriese oomblikke beweeg teen ’n vaart wat lesers sal meesleur en vermaak. Die eksentrieke hoofkarakter met die haakneus, Agathe Gruber, het uitsonderlike psigiese opspoorgawes maar sy is nogal menssku. Gelukkig word die dinamiese, charismatiese eks-sanger Jesse haar bondgenoot. Die ontrafeling van die moord op Aga se ma, Rosalie Schwarzbraun, en op die olfaktoriese wetenskaplike Boas Birkenbaum, haar biologiese pa, geskied boonop met die hulp van Claude, die rowwejack mechanic-buurman wat nooit op sy mond geval is nie. Die intrige spin vinnig ‘n web wat selfs die Chinese Mafia insluit en beweeg van ’n klein Vrystaatse dorpie na Pretoria. Ongewoon en boeiend. ‘n Vaardige skrywer met ‘n goeie oog, ‘n heerlike sin vir humor en fyn taalhantering. Die karakters is interessant en die storie is verleidelik. – Hettie Scholtz ’n Vars bries tussen die hedendaagse misdaadverhale en rillers. Hier is ’n uitstekende storieverteller aan die woord. Dis ’n “annerlike” roman wat in menige opsig ’n leesplesier is en ten spyte van sy ligte aanslag nie sonder diepte is nie, versteek soos dit mag lyk. – Linda Rode Dit is die soort boek wat lesers gaan boei vanweë ’n hele spektrum van kleurvolle karakters en ’n interessante intrige. Die vertelstyl is lewendig, oorspronklik en veral onderhoudend. – Louise Viljoen

Product Details

Barcode
9780798152969
Department
Books
Released
27 Aug 2012
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Deborah Steinmair
Binding
Paperback
Publisher
Human & Rousseau
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
192
Dimensions
213 x 137mm (230g)

Fiction

General Subject
Crime/Thrillers
BISAC Subject 1
Fiction / Literary
BISAC Subject 2
Fiction / General
BIC Classification 1
Thriller / suspense
BIC Classification 2
Crime & mystery