Speurder Kwaaikofski: Die Geheim Van Die Vlieënde Koei - Jurgen Banscherus (Paperback)
Description
6-10 jaar. Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Product Details
- Barcode
- 9780798157711
- Department
- Books
- Released
- 16 Jul 2012
- Content Source
- South African
- Supply Source
- South Africa
Book
- Binding
- Paperback
- Publisher
- Human & Rousseau
- Edition
- 1
- Language
- Afrikaans
- Number of Pages
- 96
- Dimensions
- 198 x 130 x 15mm (95g)
Summary
Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles
behalwe 'n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het 'n goeie
speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy 'n vreemde, blou
rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski 'n
harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand
probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag ...Gelukkig sorg die
mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en
gruwelike skurke darem nie te ondraaglik raak nie. Die intriges van
die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik
en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees
oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Fiction
- General Subject
- Children's Fiction
- BISAC Subject 1
- Juvenile Fiction / Mysteries & Detective Stories
- BIC Classification 1
- Crime & mystery fiction (Children's / Teenage)
- BIC Classification 2
- Adventure stories (Children's / Teenage)