Die Verevrou - Jan van Tonder (Paperback)

Dispatched in 25 to 35 working days
Price
227
RRP
R 295
(-23%)
No reviews yet.
Use Code RCCLOCKDOWN5 at Checkout to get an extra 5% Off Your Order - T&Cs Apply Details...

Description

Liora word groot op 'n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, 'n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, 'n priester, 'n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar 'n grens voor haar - en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

Jan van Tonder het in 1983 gedebuteer met die roman Wit vis. Hierna volg kortverhale, Aandenking vir 'n vry man (1984), en die roman Is Sagie (1987). Die kind het in 1990 die ATKV-prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang. Sy roman Roepman is vir verskeie literêre pryse benoem en is ook verfilm.

Product Details

Barcode
9780798170505
Department
Books
Released
27 Feb 2019
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Jan van Tonder
Binding
Paperback
Publisher
Human & Rousseau
Language
Afrikaans
Number of Pages
320
Dimensions
234 x 152mm

Classification

General Subject
General Fiction

Author Bio

Jan van Tonder het in 1983 gedebuteer met die roman Wit vis. Hierna volg kortverhale, Aandenking vir ’n vry man (1984), en die roman Is Sagie (1987). Die kind het in 1990 die ATKV-prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang. Sy roman Roepman is vir verskeie literêre pryse benoem en is ook verfilm.