Helse Manier Van Koebaai Sê - Francois Bloemhof (Paperback)
Description
Die vierde (en laaste) aflewering in die reeks oor Mark Steyn, die Luiperd, een van Die Fabriek se topagente. Mark Steyn en sy mede-agent Lana Dubois is steeds aangetrokke tot mekaar, maar het onoplosbare verskille. Nou moet hulle noodgedwonge weer saamwerk aan ’n nuwe saak en word nie slegs fisieke nie, maar ook groot sielkundige eise aan hulle gestel. Wie vertrou jy? Wie is vriend en wie is vyand? Die spioenasiebedryf is immers bekend vir sy verskuiwende alliansies: Gister se vyand is vandag se “vriend”, maar dalk ook net vir vandag. Dit is ’n losstaande verhaal, maar knoop ook verskeie drade uit die vorige drie saam. Helse manier van koebaai sê is propvol intrige, spanning, aksie en gevaar – en selfs sake van die hart!
Product Details
- Barcode
- 9780798155878
- Department
- Books
- Released
- 20 Aug 2011
- Content Source
- South African
- Supply Source
- South Africa
Book
- Author
- Francois Bloemhof
- Binding
- Paperback
- Publisher
- Human & Rousseau
- Edition
- 1
- Language
- Afrikaans
- Number of Pages
- 264
- Dimensions
- 213 x 137mm (310g)
Fiction
- General Subject
- Crime/Thrillers
- BISAC Subject 1
- Fiction / Thrillers
- BISAC Subject 2
- Fiction / Suspense
- BIC Classification 1
- Thriller / suspense