Ena Murray Keur 17 - Ena Murray (Paperback)
Verwonde jare/Môre lê ver/Die meisie van Klaradynstraat
Description
In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n Man in ’n silwergrys Mercedes het ’n vrou se baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hy’s dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het.
In Môre lê ver word die rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe ’n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word ’n baie belangrike lewensles geleer: dat ryk nie gelyk is aan beter nie.
En in Die meisie van Klaradynstraat het prokureur Owen Kemp Elsa Brits van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie. Hul dogter Isobel het alles wat haar hart begeer, maar sy kry pynaanvalle wat deur ’n diep ongelukkigheid veroorsaak word.
Product Details
- Barcode
- 9780624084914
- Department
- Books
- Released
- 16 Apr 2018
- Content Source
- South African
- Supply Source
- South Africa
Book
- Author
- Ena Murray
- Binding
- Paperback
- Publisher
- Tafelberg
- Language
- Afrikaans
- Number of Pages
- 512
- Dimensions
- 213 x 137 x 15mm (213g)
Classification
- General Subject
- Romance/General
- BISAC Subject 1
- Fiction / Romance / Short Stories
- BISAC Subject 2
- Fiction / Romance / Contemporary
- BIC Classification 1
- Short stories
- BIC Classification 2
- Adult & contemporary romance
Inside Flap
Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike geneesheer, en dis hier waar haar groot belangstelling in die geneeskunde ontstaan het. Verskeie van haar verhale het dan ook ’n hospitaal as milieu. Sy het op Mosselbaai afgetree en is in Junie 2015 oorlede.