Dis Koue Kos, Skat - Marita van der Vyver (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
186
RRP
R 280
(-34%)
No reviews yet.
Black Friday 2017 Poll: WIN a Sony PlayStation 4 Slim 1TB Console + Gran Turismo Sport - Limited Edition (PS4) Details...

Description

Marita van der Vyver se jongste is die vertroude gehalte in ’n splinternuwe gedaante - dis ’n briefroman! Dis Koue Kos, Skat is die briewe en e-pos van ’n vrou in haar liefde verlaat; dit is briewe wat gil van woede, pleit om begrip en skreeu om wraak. Die verhaal ontvou in korrespondensie wat oor ’n dekade geskryf is - aan ’n ontroue man en vriendinne. Clara Brand se man, Bernard, verlaat haar vir Anaïs, een van Clara se beste vriendinne. Die briewe wys die verskeie 'stasies' van Clara se herstelproses: woede, aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak. Uiteindelik eindig Bernard se tweede huwelik ook op die rotse (nie deur Clara se toedoen nie), en wanneer hy weer tot haar toenadering soek, besef sy dat sy uiteindelik finaal van hom verlos is, en as gewone vriendin saam met hom sal kan aansit vir ’n ete. Dis Koue Kos, Skat is ’n vreeslose ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit is ’n eerlike, lewensgetroue en verkwiklike uitbeelding van Graham Greense se uitspraak: 'We do not have to win the battle of the sexes, we merely have to survive it.'

Product Details

Barcode
9780624048855
Department
Books
Released
4 May 2010
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Marita van der Vyver
Binding
Paperback
Publisher
Tafelberg
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
380
Dimensions
213 x 137mm

Fiction

General Subject
Fiction