Plaasmoord - Karin Brynard (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
261
RRP
R 340
(-23%)
No reviews yet.

Description

Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word Freddie Swarts, 'n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet dié hoëprofiel-plaasmoord oplos.

Product Details

Barcode
9780798151160
Department
Books
Released
3 Oct 2009
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Karin Brynard
Binding
Paperback
Publisher
Human & Rousseau
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
512
Dimensions
213 x 137 x 15mm (1g)

Summary

Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word Freddie Swarts, 'n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos. Maar daar's komplikasies. Een van hulle is Saar Swarts, die vermoorde Freddie se suster. Buiten skok en hartseer probeer Saar ook haar skuldgevoel jeens haar suster verwerk. In die proses kom sy af op Freddie se skilderye waarin sy haar eie moord in skokkende realiteit uitbeeld, en ontdek sy briewe van 'n regse politieke groep met doodsdreigemente teen Freddie. Boonop begin sy vermoed dat Freddie se nuwe voorman nie is wie hy voorgee om te wees nie. Saar se grootste uitdaging raak nou om die res van die mense om haar te oortuig dat die moord op Freddie en haar kind nie 'n plaasmoord in die "gewone sin van die woord" was nie. En sy sweer sy sal nie rus voor sy nie die ware moordenaar/s opgespoor het nie. Beeslaar, daarenteen, se grootste stryd is teen homself: Hy's net nie meer die gatskop-polisieman van vroeer nie...Kort voor lank word hy en Saar ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbejaan, 'n veediefstal-sindikaat wat sangoma's inspan, 'n groep boere-vigilantes wat oorlog verklaar teen die geweld in die land.
..En uiteindelik nog 'n moord...

Fiction

General Subject
Crime/Thrillers
BISAC Subject 1
Fiction / Suspense
BIC Classification 1
Thriller / suspense

Author Bio

Karin Brynard is 'n joernalis wat wye ervaring opgedoen het tydens haar dekking van, onder meer, die vryheidstryd in Suid-Afrika tydens die apartheisjare. As politieke korrespondent het sy die vrylating van Nelson Mandela meegemaak en berig oor die veranderende politieke bestel en die beeindiging van apartheid wat daaruit voortgevloei het. Sy werk tans as vryskutjoernalis en woon op Stellenbosch.