Onderwêreld - Fanie Viljoen (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
131
RRP
R 170
(-23%)
(1 user rating)
No reviews yet.

Description

Onderwêreld is die Silwer wenner in vanjaar se Sanlam-prys vir Jeuglektuur in die kategorie vir Afrikaans.

Die keurders het die boek só opgesom:

Die verhaal speel af by ‘n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, ‘n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ‘n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy ‘n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwêreld in wat hom, onwillekeurig, in ‘n gevaarlike avontuur intrek. Met Ekhardt se skielike en geheimsinnige verdwyning, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Ekhardt se verdwyning betrek Greg op twee vlakke – as moontlike verdagte en later as blootlegger van ‘n gevaarlike ondergrondse projek waarin sy skoolhoof en - ook sy pa - betrek word. Dit lei tot die ontbloting van Ekhardt se ware identiteit en skep ‘n geleentheid tot groter eerlikheid in onderlinge verhoudinge in Greg se ouerhuis.

Dit is ‘n uitstekend nagevorsde verhaal oor ‘n vakgebied wat baie jongmense boei. Die verhaal word knap verbeeld met ‘n boeiende storielyn en verrassings in die ontknoping. Die verhaal is fyn gekonstrueer met ‘n opbouende spanningslyn en knap taalgebruik, wat die leser elke detail van die seuns se hacking met opgehoue asems volg en jou meesleur met elke draai van die plot.

Greg, ‘n toppresteerder en suksesvolle sportman, is ‘n sterk karakter en verteller met wie tienerseuns sal kan identifiseer. Hy is ‘n komplekse ou met komplekse verhoudings, onder andere met sy ouers. Sy gevoel dat hy nooit sy oorlede broer se skoene sal volstaan nie, wek empatie by die leser. Die tema van tienerselfmoord en oormate druk deur ouers op kinders om te presteer, staan ook in hierdie verhaal sentraal.

Dat Greg Owen, die modelseun, ‘n hacker word en ‘n paar onwettige dinge doen, strook heeltemal met sy lojaliteit teenoor sy vriend en sy sterk regverdigheidsin. Die wêreld van hackers en die manipulering van data word hier fassinerend verken. Treffend is ook die gebruik om die hoofstuknommers in "rekenaartaal" weer te gee met definisies tussen afdelings wat ook die rekenaartema verder uitbou.

‘n Sterk pluspunt is ook die hantering van die aanloklike gegewe rondom hacking wat net toe dit aanloklik lyk, die onwettigheid daarvan uitwys en subtiel teen die verleiding waarsku.

Hierdie is ‘n uitstekende geskrewe en gekonseptualiseerde verhaal wat enduit boei. Die taalgebruik is gevoelig en die wyse waarop die onderwêreld van die rekenaarbedryf verken word, is insiggewend en dit is juis wat aan hierdie verhaal ‘n geheimsinnige aura gee.

Product Details

Barcode
9780624046691
Department
Books
Released
1 Sep 2008
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Fanie Viljoen
Binding
Paperback
Publisher
Tafelberg
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
144
Dimensions
213 x 137mm (260g)

Summary

Die verhaal speel af by 'n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, 'n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm 'n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy 'n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwereld in wat hom, onwillekeurig, in 'n gevaarlike avontuur intrek.

Children and Youth

General Subject
Children's Fiction
BISAC Subject 1
Juvenile Fiction / General
BIC Classification 1
General fiction (Children's / Teenage)