Skuilplek - Christiaan Bakkes (Paperback)

Out of Stock
Price
131
RRP
R 167.95
(-22%)
No reviews yet.
Use Code RCCLOCKDOWN5 at Checkout to get an extra 5% Off Your Order - T&Cs Apply Details...

Description

Dit is die teenstropereenheid in die Wes-Caprivi se taak om wilddiewe en ivoorsmokkelaars vas te trek, maar Sarel Froneman het tydens sy pas afgelope patrollie ’n ontdekking gemaak wat skielik sin aan sy lewe gegee het: die laaste paar swartrenosters in die noorde van Namibië. Hierdie ontdekking bring egter ook Natuurbewaring se wildvangspan na die Caprivi, en die wrywing wat ontstaan tussen hom en Reinhard Schenk, hoof van die wildvangspan, het verreikende gevolge. ’n Spanningsvolle natuurroman wat ons met nuwe begrip laat kyk na bewaarders én jagters.

Bakkes se nuwe boek bevat al die elemente wat sy vorige twee so aantreklik gemaak het vir die lesers wat belangstel om te lees oor die misterie van en die harde lewe in Afrika se afgeleë streke, en veral oor die mens wat hom alleen bevind in daardie wildernis. Die vervlegting van nugtere realisme en ’n evokatiewe uitbeelding van daardie wêreld, die deernis vir dier en mens, die oomblikke van humor dra alles by tot ’n boeiende blik op mens en natuur. ’n Verhaal wat nie net vir ontspanning is nie, maar ook ’n wyer perspektief op bewaring gee.

Product Details

Barcode
9780798142298
Department
Books
Released
21 Jun 2006
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Christiaan Bakkes
Binding
Paperback
Publisher
Human & Rousseau
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
132
Dimensions
213 x 137mm (170g)

Fiction

General Subject
Crime/Thrillers
BISAC Subject 1
Fiction / Literary
BIC Classification 1
Modern & contemporary fiction (post c 1945)