Christine Le Roux Omnibus 7 - Christine le Roux (Paperback)

Geskenk uit die hemel/Die lente kom weer/Kosbaar soos die lewe

Out of Stock
Price
193
RRP
R 245
(-21%)
No reviews yet.

Description

Drie immergroen verhale van een van ons gewildste liefdesverhaalskrywers. Geskenk uit die hemel: Die suksesvolle sakeman Pieter Louw leer Maja ken toe hy haar raak ry: ’n jong meisie met ’n rugsak wat hy eers hospitaal toe moet neem. En daarna, toe dit blyk sy het so pas aangekom en ken niemand in Kaapstad nie, neem hy haar saam na sy huis. So begin ’n voorlopige verblyfreëling wat tot talle onmoontlike en baie snaakse situasies lei. Die lente kom weer: Frans Fourie is ’n perfeksionis en dus hoogs geïrriteerd wanneer sy ou, ervare sekretaresse met siekverlof gaan en hy gewoond moet raak aan iemand anders. Eers is hy skepties oor die jong vrou wat oorgeneem het by haar, maar Kristien blyk ’n uitstekende plaasvervanger te wees; professioneel en saaklik, soos hy verkies. Hoekom is hy dan teleurgesteld oor haar koel en onbetrokke houding? Kosbaar soos die lewe: Elizabeth Benade wonder of sy die regte ding gedoen het om haar werk by die rekenaarfirma te bedank en as huishoudster te gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Sy seuntjie is ’n handvol maar dis duidelik dat hy smag na warmte en liefde. En dis nie lank voor Elizabeth haar oor hom ontferm en betrokke raak by hierdie pa en seun se lewe nie.

Product Details

Barcode
9780798169745
Department
Books
Released
23 Jul 2015
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Christine le Roux
Binding
Paperback
Publisher
Human & Rousseau
Language
Afrikaans
Number of Pages
480
Dimensions
213 x 137mm (1g)

Classification

General Subject
General Fiction
BISAC Subject 1
Fiction / Romance / General
BIC Classification 1
Romance

Inside Flap

Christine le Roux is die skuilnaam van die bekende skrywer Eleanor Baker. Ander Christine le Roux-boeke wat by Human & Rousseau verskyn het, sluit in: Die glasappel; Kwessie van tegniek; Bewys van liefde; Die blou uur; Geskenk uit die hemel en Tweede beste. Omnibusse 1 tot 6 word ook deur Human & Rousseau uitgegee.