Tot Sterwens Toe - Allan Boesak (Paperback)

Not available
Price
55
RRP
R 69.95
(-21%)
No reviews yet.

Description

Die debuut-digbundel van hierdie bekende en omstrede openbare figuur, predikant en anti-apartheidsaktivis sal wye belangstelling uitlok. Dr Boesak is verlede maand op parool vrygelaat nadat hy net meer as ’n jaar van sy tronkstraf van drie jaar uitgedien het. Die meeste van die gedigte wat hier opgeneem is, is in die tronk geskryf. Daar is veral mooi, liriese liefdesgedigte vir sy vrou. Byvoorbeeld: “Ek weet by God is duisend jaar één dag . . ./ maar ook by ons?/ Het alles dan so gou gebeur?/ Het duisend nagte dan so lank gewag/ om een te word in net een dag?/ Het duisend woorde ongesê/ en ongebore net gelê en wag/ op die geboortedag?/ Was elke sug van toe alreeds/ ’n duisend jaar van liefdesfluistering?” Dan is daar gedigte wat vir lesers op treffende wyse insae sal gee in die gevoelens, gedagtes en bowenal volgehoue geloof van iemand wat deur so ’n tronkervaring moes gaan . . . Ons lees onder meer: “Hy laat my neerlê/ in Sy sagte groen weivelde/ en op die spoor van Sy geregtigheid/ is die onresponsiewe respons/ van my matras soos niks/ Hy verkwik my met die volheid van Sy hand/ wat nooit moeg of leeg word nie.” En: “Hy lei my/ In Sy hand is al my môres/ die onheil lê self bang agter die prikkeldraad/ In my hand hou ek die troos van God se staf/ die vasberade liefde van Sy stok/ waarmee ek my Rooi See klief.” Ontroerende verse wat stof tot nadenke bied.

Product Details

Barcode
9780798142076
Department
Books
Released
12 Oct 2001
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Allan Boesak
Binding
Paperback
Publisher
Human & Rousseau
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
50
Dimensions
213 x 137mm (105g)

Fiction

General Subject
Poetry
BISAC Subject 1
Poetry / General
BIC Classification 1
Poetry