Die rooikop en die redakteur - Andre Brink (Paperback)

Die Beste Kortverhale 1953-1959

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
192
RRP
R 250
(-23%)
No reviews yet.

Description

Jan Wentzel, verhaleredakteur van Die voorpunt, kry te make met Marié Hurter, ’n aspirant-skrywer wat maar net nie wíl aanvaar dat haar liefdesverhaal afgekeur is nie. Jan het hoë ideale en neem sy werk ernstig op, maar ’n probleem ontstaan. Hoe gemaak as hy nou ook ’n ogie op Marié het? Of voer dié ondeunde rooikop iets in die mou?

In Die rooikop en die redakteur en ander stories bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging, etlike literêre pryse en internasionale aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van humoristiese stories en spannings- en liefdesverhale in gesinstydskrifte. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50's in die tydskrifte Die huisgenoot en Die brandwag verskyn. Dié bundel kombineer Brink se eiesoortige sin vir humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers. Saamgestel deur Cecilia van Zyl, voormalige verhaleredakteur van Die huisgenoot.

Product Details

Barcode
9780798177023
Department
Books
Released
17 Apr 2018
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Authors
André P. Brink
Andre Brink
Binding
Paperback
Publisher
Human & Rousseau
Language
Afrikaans
Number of Pages
288
Dimensions
198 x 130mm

Summary

In hierdie versamelbundel bring H&R vroee verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Voor die Sestiger-beweging en internasionale literere aansien het Andre Brink sy loopbaan begin as skrywer van humoristiese stories en spannings- en liefdesverhale. Die vermaaklike stories in die bundel het gedurende die 50's in die Die huisgenoot en Die brandwag verskyn. Brink se unieke humor word met 'n tikkie nostalgie vermeng - perfek vir 'n ouer en nuwe geslag lesers.

Classification

General Subject
General Fiction
BISAC Subject 1
Fiction / Short Stories (single author)
BISAC Subject 2
Fiction / General
BIC Classification 1
Short stories
BIC Classification 2
Modern & contemporary fiction (post c 1945)

Inside Flap

André P. Brink was een van die mees veelsydige figure in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf: romanskrywer, dramaturg, reisverhaalskrywer, vertaler, letterkundige, kritikus en akademikus. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal en hy is met o.m. die Hertzog- en die WA Hofmeyr-prys bekroon. Brink is op 6 Februarie 2015 oorlede.

Author Bio

Andre P. Brink was een van die mees veelsydige figure in die Suid-Afrikaanse literere bedryf: romanskrywer, dramaturg, reisverhaalskrywer, vertaler, letterkundige, kritikus en akademikus. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal en hy is met o.m. die Hertzog- en die WA Hofmeyr-prys bekroon. Brink is op 6 Februarie 2015 oorlede.