Ikarus - Deon Meyer (Paperback)
Description
Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands — dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het.
Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die hoofverdagtes.
En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad, wat die hele saak op sy kop keer.
Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.
Product Details
- Barcode
- 9780798169776
- Department
- Books
- Released
- 30 Mar 2015
- Content Source
- South African
- Video
- Supply Source
- South Africa
Book
- Author
- Deon Meyer
- Binding
- Paperback / softback
- Publisher
- Human & Rousseau
- Language
- Afrikaans
- Number of Pages
- 512
- Dimensions
- 222 x 152 x 15mm (1g)
Summary
Classification
- General Subject
- Crime/Thrillers
- BISAC Subject 1
- Fiction / Crime
- BISAC Subject 2
- Fiction / Mystery & Detective / General
- BIC Classification 1
- Crime & mystery
Inside Flap
Deon Meyer, ’n oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Deesdae is hy voltyds skrywer en hy woon op Stellenbosch.
Sy publikasies sluit in tien romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, en Kobra, 2013). Drie daarvan – Orion, Proteus en Infanta – is met die ATKV-prosaprys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009, 2012 en 2014 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir, onderskeidelik, Onsigbaar, 13 Uur, 7 Dae en Kobra.