Liefde en Laslap - Elsa Winckler (Paperback)

Out of Stock
Price
77
RRP
R 100
(-23%)
No reviews yet.
Raru Black Friday 2020 Sale Now On! Details...

Description

Kinderboekillustreerder Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se gulhartige mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer en saam begin kuier. Die aantreklike Neethling Meyer se sjokoladebruin oë wat heeltyd op haar rus, onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop uit die bloute soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie.

Maar Neethling is ’n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Het hy dan nie gereeld ’n nuwe pop aan die arm nie? Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie.

Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in ’n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul lewensstories werklik bestem om te vervleg?

Liefde in laslap is ’n eie liefdesverhaal van twee karakters wat lesers uit Om Amelie se tafel sal onthou.

Product Details

Barcode
9780624072287
Department
Books
Released
7 Apr 2015
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Elsa Winckler
Binding
Paperback / softback
Publisher
Tafelberg
CoPublisher
Satyn
Language
Afrikaans
Number of Pages
224
Dimensions
213 x 137 x 15mm (213g)

Summary

Kinderboekillustreerder Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se gulhartige mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italie terugkeer en saam begin kuier. Die aantreklike Neethling Meyer se sjokoladebruin oe wat heeltyd op haar rus, onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop uit die bloute soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is 'n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Het hy dan nie gereeld 'n nuwe pop aan die arm nie? Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare na haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in 'n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeet duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul lewensstories werklik bestem om te vervleg? Liefde in laslap is 'n eie liefdesverhaal van twee karakters wat lesers uit om Amelie se tafel sal onthou.

Classification

General Subject
Romance/General
BISAC Subject 1
Fiction / Romance / General
BIC Classification 1
Romance

Inside Flap

Elsa Winckler was laerskoolonderwyser en het later in haar lewe ’n BA deur Unisa voltooi, asook ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in dokumentanalise en -ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch (US). Sy het van 1997 tot 2010 heeltyds by die US gewerk as administratiewe beampte by die departement Engels. Haar heel eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock (LAPA), het ’n 2010 Woordveertjie ontvang. In 2014 wen sy weer ’n Woordveertjie vir Te eenders, te anders (Satyn). Sy bly op Bettysbaai.