Bladspieël - Marlise Joubert (Paperback)
Description
In Bladspieël – die digter se sesde digbundel – verken Marlise Joubert in ’n kenmerkend vloeiende styl temas soos verganklikheid en verval, onthou en verewiging, liefde en familieverhoudings, digterskap en die skryfproses. Die gedigte verwoord, en word as’t ware ’n afbeelding van, die ervarings van die digter as belewende subjek, en betrek só die leser op intieme wyse by haar ervarings van die alledaagse.
Product Details
- Barcode
- 9780798169547
- Department
- Books
- Released
- 27 May 2015
- Content Source
- South African
- Supply Source
- South Africa
Book
- Author
- Marlise Joubert
- Binding
- Paperback
- Publisher
- Human & Rousseau
- Language
- Afrikaans
- Number of Pages
- 112
- Dimensions
- 213 x 137mm (130g)
Classification
- General Subject
- General Fiction
- BISAC Subject 1
- Poetry / General
- BIC Classification 1
- Poetry by individual poets
- Dewey Classification
- 839.3616
Inside Flap
Marlise Joubert is gebore in Limpopo, en het grootgeword in Warmbad (Bela Bela). Sy het Biblioteekkunde en Filosofie aan die Universiteit van Pretoria studeer, was joernalis, en daarna bibliotekaresse van die Departement Visuele Kunste se biblioteek aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is die outeur van 11 publikasies (waarvan bladspieël haar sesde digbundel is) en is die webmeester van Versindaba.com. Vanaf 2001 tot 2006 het haar radiodramas eerste, tweede, en derde pryse in die Sanlam/RSG radiodramakompetisie gewen. Joubert is getroud met die digter Louis Esterhuizen en woon op Stellenbosch.