Heritage Day Weekend Sale ends in:

Bitter+soet - 'n Erfeniskosboek - Niël Stemmet (Hardcover)

Out of Stock
Price
357
RRP
R 465
(-23%)
No reviews yet.
Raru - Heritage Weekend Sale Now On! Ends 9pm 24 September 2019. Details...

Description

Bitter+soet vertel die verhaal van Mietha Klaaste wat op die plaas Keurkloof, in die omgewing van Robertson grootgeword het, soos oorvertel deur Niël Stemmet. Die verhaal vat ons terug na daar waar Mietha se ma, Sarah, Oumies en Oubaas se huis skoonmaak en haar pa die voorman op die plaas is. Oumies en Oubaas se oudste seun, Jakobus, trou met sy nooi Marie, kom woon op die plaas en kort voor lank maak klein Daniël sy verskyning. Mietha word uit die skool gehaal om na hom om te sien – en daarmee begin ’n hegte verbintenis wat oor jare heen sou strek.

Die lief en leed van Mietha en Daniël word op kleurryke wyse vertel, met gedigte, rympies en liedjies toegelig, terwyl vergange dae se lekker resepte deel daarvan uitmaak. Die verhaal gee ’n kykie terug, maar ook vorentoe waar die toekoms met hoop gevul is. Met meer as 60 resepte wat wissel van vetkoek, braaiboud, hoenderpastei, snoektert en tamatiebredie tot melktert en sagopoeding is hierdie ’n boek vir lekkerlees maar ook vir inspirasie en byderhand hou in die kombuis.

Product Details

Barcode
9780798169448
Department
Books
Released
23 Jul 2015
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Authors
Niël Stemmet
Mietha Klaaste
Binding
Hardback
Publisher
Human & Rousseau
Language
Afrikaans
Number of Pages
336
Dimensions
230 x 190mm (190g)

Classification

General Subject
Baking & Cake Decorating
BISAC Subject 1
Cooking / General
BIC Classification 1
General cookery & recipes

Inside Flap

Niël Stemmet is ’n kosskrywer, fotojoernalis, wynplaas- en restaurant-konsultant en binnenshuise versierder. Hy is veral bekend vir restaurantontwerp soos dié van Cuvee, die Van Niekerk-proelokaal by Simonsig en die Towerbosch Aards- kombuis op die Knorhoek- wynlandgoed. Hy is reeds meer as 25 jaar betrokke in die restaurant- en gasvryheidsindustrie. Sy restaurant, Le Must, in Upington is aangewys as een van Style se top 10 restaurante, en sy gastehuis Le Must Residence, ook in Upington, het die gesogte American Express en AA Travel-prys vir beste gastehuis twee keer gewen. Daarnaas is hy ’n storieverteller by uitstek en skryf graag oor erfeniskos, ’n onderwerp wat hom vir tydskrifte skryf.