Low Carb is Lekker - Ine Reynierse (Paperback)

'n Egte Suid-Afrikaanse LKHV Kookboek

Dispatched in 7 to 10 working days
Price
223
RRP
R 280
(-20%)
(2 user ratings)
No reviews yet.

Description

Low carb is LEKKER is die skepping van Inè Reynierse, wie se missie was om die voordele wat ’n lae-koolhidraatleefstyl het, haalbaar en bekostigbaar vir vriende en familie te maak.

Haar ‘lae-koolhidraat’-weergawes van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde resepte hetvinnig opslae in sosiale netwerke gemaak en sy het besef dat daar werklik ’n behoefte aan ’nversameling lae-koolhidraatresepte in die Suid-Afrikaanse mark is, en Low Carb is LEKKER is gebore.

Daar is maklike koring-, graan- en suikervrye plaasvervangers vir familiegunstelinge (dink aan bobotie, macaroni-en-kaas en kerrie-en-rys), vinnige trooskos (gnocchi enhoenderpastei) asook baie dekadente bederfkos (malvapoeding, sjokoladebruintjies en melktert).

Geskryf deur ’n ma vir ander ma’s wat hul geliefdes se gesondheid deur voeding wil herstel.

Product Details

Barcode
9781432305468
Department
Books
Released
6 Jul 2015
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Ine Reynierse
Binding
Paperback / softback
Publisher
Struik Lifestyle
Language
Afrikaans
Number of Pages
208
Dimensions
239 x 190 x 15mm (735g)

Summary

Low carb is lekker is die skepping van Ine Reynierse, wie se missie was om die voordele wat 'n lae-koolhidraatleefstyl het, haalbaar en bekostigbaar vir vriende en familie te maak. Haar 'lae-koolhidraat'-weergawes van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde resepte het vinnig opslae in sosiale netwerke gemaak en sy het besef dat daar werklik ’n behoefte aan ’n versameling lae-koolhidraatresepte in die Suid-Afrikaanse mark is, en Low Carb is lekker is gebore. Daar is maklike koring-, graan- en suikervrye plaasvervangers vir familiegunstelinge (dink aan bobotie, macaroni-en-kaas en kerrie-en-rys), vinnige trooskos (gnocchi en hoenderpastei) asook baie dekadente bederfkos (malvapoeding, sjokoladebruintjies en melktert). Geskryf deur ’n ma vir ander ma’s wat hul geliefdes se gesondheid deur voiding wil herstel. Low carb is lekker sal beslis byval vind by alle Suid-Afrikaners wat lief is vir tuiskos sonder om hul gesondheid en welstand in te boet.

Classification

General Subject
Cooking
BISAC Subject 1
Cooking / Health & Healing / General
BIC Classification 1
Cookery for specific diets & conditions

Author Bio

Ine Reynierse is ’n kinderboekskrywer, uitvoerende kunstenaar, stemakteur, kopieskrywer, iemand wat met idees rondspeel en ’n nuutgevonde kosfundi wat daarvan hou om idees op ’n vars manier uit te beeld. Haar projekte wissel van radiostories vir kinders op ’n nasionale radionetwerk tot korporatiewe advertensieveldtogte en alles en nog meer. Haar passie om gesondheid en welstand te herstel het haar aangespoor om Low Carb is lekker te skryf.