Donker Spoor - Martin Steyn (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
220
RRP
R 270
(-19%)
No reviews yet.
Visit the Raru 2017 Christmas Shop Details...

Description

Tienermeisies verdwyn die een na die ander. Hulle word gevind: eers gemartel en toe gehang. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Magson jag maak. Maar agter hom loop ’n donker spoor.

Product Details

Barcode
9780799369656
Department
Books
Released
1 Jul 2014
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Martin Steyn
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
384
Dimensions
129 x 198mm

Classification

General Subject
Crime/Thrillers

Inside Flap

Martin Steyn het op skool begin skryf, aan Stephen King-geïnspireerde gruwelverhale. Met sy belangstelling in die donker aspekte van die mens, was dit seker onafwendbaar dat reeksmoordenaars hom sou fassineer. Eers het hy net boeke oor regte reeksmoordenaars gelees, maar ná sy studies in Sielkunde en Kriminologie, het hy hierdie verskynsel asook profilering begin bestudeer. Hy het ook sewe ware-misdaadartikels vir die Crime Library-webwerf geskryf, onder andere oor Moses Sithole, die Sizzlers-moorde in Seepunt en Marleen Konings. Die droom was egter altyd om fiksie te skryf. Realistiese fiksie. Eerstens oor reeksmoordenaars soos Ted Bundy en Jeffrey Dahmer, eerder as Hannibal Lecter. En tweedens oor hoe so ’n ondersoek in Suid-Afrika gedoen sou word. Dit het gelei tot heelwat navorsing oor die SAPD en sy forensiese eenhede, grootliks met die hulp van persone wat elke dag hierdie werk doen. Martin Steyn se debuut, Donker Spoor, het in 2014 by LAPA Uitgewers verskyn. Skuldig het in Maart 2015 gevolg. Dis nie meer net reeksmoordenaars wat hom interesseer in sy skryfwerk nie, maar gewelds- en seksuele misdaad oor die algemeen. Die storie word egter altyd deur die speurder se oë vertel, daardie persoon wie se taak dit is om geregtigheid te kry vir dié wie se naam op ’n moorddossier geskryf word.