Feestelike Koekversiering - Marlene Marais (Paperback)

Out of Stock
Price
163
RRP
R 200
(-19%)
No reviews yet.
Raru 8th Birthday 8% Coupon Code RCC-HAPPY8 Site Wide Discount Valid until 5 June! T&Cs Apply.

Description

Daar is inspirasie vir Valentynsdag, ’n damestee, mannepartytjie, kombuis- en ooievaarstee. Die Paaseierkarakters, Kersvadertoneeltjie en grillerige Halloweengoeters sal beslis as aansporing dien om hierdie feesgeleenthede spesiaal te maak en die prettige planne vir trou-onthale sal sekerlik die skeppingsdrang laat ontwaak.

Marlene gee volledige aanwysings – met foto’s – vir koekstokkies (cake pops), kolwyntjies en ’n koektop wat bo-op die groot koek of iewers op die tafel geplaas kan word. Die resepte, inligting oor die materiale wat gebruik word en wenke sorg dat selfs beginners die projekte kan baasraak.

As jy al ooit lus was om jou hand aan suikerkuns te waag, sal Feestelike koekversiering jou help skep aan dié fantasiewêreld.

Product Details

Barcode
9780799364361
Department
Books
Released
1 Mar 2014
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Marlene Marais
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
136
Dimensions
215 x 280mm

Summary

In haar vorige boek Kinderpartytjiekolwyntjies het Marlene Marais gewys hoe mens kolwyntjies maklik in kunswerkies kan omskep. In Feestelike koekversiering wys sy hoe om suikerkaraktertjies te skep vir elke soort kuier. Daar is inspirasie vir Valentynsdag, 'n damestee, mannepartytjie, kombuis- en ooievaarstee. Die Paaseierkarakters, Kersvadertoneeltjie en grillerige Halloweengoeters sal beslis as aansporing dien om hierdie feesgeleenthede spesiaal te maak en die prettige planne vir trou-onthale sal sekerlik die skeppingsdrang laat ontwaak. Marlene gee volledige aanwysings - met foto's - vir koekstokkies (cake pops), kolwyntjies en 'n koektop wat bo-op die groot koek of iewers op die tafel geplaas kan word. Die resepte, inligting oor die materiale wat gebruik word en wenke sorg dat selfs beginners die projekte kan baasraak. As jy al ooit lus was om jou hand aan suikerkuns te waag, sal Feestelike koekversiering jou help skep aan die fantasiewereld.

Classification

General Subject
Baking & Cake Decorating
BISAC Subject 1
Cooking / Methods / Baking
BIC Classification 1
Cakes, baking, icing & sugarcraft

Inside Flap

Marlene se kuns spruit uit die diepste van haar wese en nie uit boekekennis nie.Haar kolwyntjiekarakters word orals geëien deur hulle kleurvolle en unieke karaktertrekke. Kuns was nog altyd 'n integrale deel van haar lewe. Met liefde en passie het sy gereeld haar kennis van 46 handwerk-dissiplines oorgedra aan gretige leerders by die gemeenskapsentrum in Johannesburg, asook aan verskeie damesforums en kennisse. Vooraanstaande bakkerye maak gereeld van haar vernuf gebruik vir die skepping van versierings vir hulle top-kliënte. Haar liefde vir die skep van die prettige karakters spruit uit haar liefde vir die kuns. Marlene beskou haarself as 'n suikerkunstenaar wat graag haar passie met ander wil deel in 'n reeks gebruikersvriendelike boeke.

Author Bio

Marlene woon in Bloemfontein en dit is die bekoring van hierdie vlaktes wat die kunstenaar in haar laat ontwaak en sy wil graag hierdie talent wat die Vader aan haar gegee het ook met ander deel. Haar vorige boek, Kinderpartytjiekolwyntjies (2012), se sukses het haar aangespoor om 'n nuwe boek die lig te laat sien. Haar kolwyntjiekarakters word orals geeien met hulle kleurvolle en unieke karaktertrekke. Met liefde en passie het sy gereeld haar kennis van 46 handwerk-dissiplines oorgedra aan gretige leerders by die gemeenskapsentrum in Johannesburg, asook aan verskeie damesforums en kennisse. Vooraanstaande bakkerye maak gereeld van haar vernuf gebruik vir die skepping van versierings vir hulle top-kliente.