Sout+Peper - Niël Stemmet (Hardback)

Not available
Price
314
RRP
R 384.99
(-18%)
No reviews yet.
Raru User Review Competition: Write a Review and Win! 1 x R500 Raru Voucher up for grabs every month! Details...

Description

Sout+peper word gebaseer op die nostalgiese kos- en reisblog van Niël Stemmet (www.soutenpeper.co.za). In die boek vertel hy stories en verwys hy na resepte wat in die volksmond oorvertel is en aangegee is van grootmoeder na moeder, dogter en kind. Hy is passievol oor waar die tradisie van erfeniskos vandaan kom, en skryf die stories soos hy dit onthou; die resepte soos hy dit ontvang of gehoor en opgeskryf het. 

Product Details

Barcode
9780799351811
Department
Books
Released
1 May 2013
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Niël Stemmet
Binding
Hardback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
320
Dimensions
190 x 230mm

Summary

In die boek vertel Niel stories en verwys na resepte wat in die volksmond oorvertel is en van grootmoeder na moeder, dogter en kind aangegee is. Hy is passievol oor waar die tradisie van erfeniskos vandaan kom, en skryf die stories soos hy dit onthou; die resepte soos hy dit ontvang of gehoor en opgeskryf het. So beskryf hy Sondagkos: Dit is Sondag, hoe onthou ek nie Sondae as kind nie: jy raak wakker met die klank van kerkklokke wat deur die dorp beier, die gesang van voels, hier en daar 'n verlore haan wat kraai, 'n hond wat blaf, die geluide van die kombuis en die geure van skaapboud en braaihoender wat in die gang afkom en in jou neus kom le ...

Classification

General Subject
Cooking
BISAC Subject 1
Cooking / General
BIC Classification 1
General cookery & recipes
Dewey Classification
641.5

Inside Flap

Niël Stemmet is ’n binnenshuise ontwerper, versamelaar en kurator. Projekte waarvoor hy verantwoordelik is word veral geprys oor hul tydlose en aardse kwaliteite. Hy is veral bekend vir restaurantontwerp soos dié van Cuvee, die Van Niekerk-proelokaal by Simonsig en Towerbosch Aardskombuis by die Knorhoek- wynlandgoed. Tans is hy as kreatiewe konsultant verantwoordelik vir ’n aantal ontwerp- en kuratorsprojekte vir plaaslike en internasionale kliënte.

 

Niël is al meer as 25 jaar betrokke in die restaurant- en gasvryheidsindustrie. Sy restaurant Le Must in Upington, is aangewys as een van Style se top 10 restaurante van 2004, en sy gastehuis Le Must Residence, ook in Upington, wen die gesogte American Express en AA Travel-prys vir beste gastehuis in 2007 sowel as 2008. Sy werk, reisbeskrywings en fotografiese essays is gepubliseer in publikasies soos Elle Decoration, House&Leisure, Sawubona, Real Living Australia, Taste Magazine, National Geographic Traveller, Design Indaba Magazine en Condé Nast House & Garden.