Superheroes Vlieg Net Saans - Jaco Jacobs (Paperback)
Description
Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is?
Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk. Maar dan val daar 'n superhero in Miek-hulle se agterplaas – bo-op die hondehok! Gaan hy Miek kan help om sy probleme op te los, of gaan hy net meer moeilikheid veroorsaak?
Product Details
- Barcode
- 9780799366358
- Department
- Books
- Released
- 1 Oct 2016
- Content Source
- South African
- Supply Source
- South Africa
Book
Classification
- General Subject
- Children's Fiction
Inside Flap
Jaco Jacobs is op Carnarvon in die Karoo gebore. Sy eerste boek, Troetelgedrog, het in 2001 by LAPA verskyn, en sedertdien het meer as honderd boeke vir kleuters, kinders en tieners uit sy pen verskyn. Sy boeke is onder meer bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en 19 ATKV-Kinderboektoekennings. Talle van sy boeke word met groot sukses by skole voorgeskryf, en in 2014 is ’n rolprentweergawe van sy gewilde tienerboek Suurlemoen! landwyd vrygestel. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, twee honde, Pippie en Binki, en ’n baie stoute kantoorkat genaamd Lego wat sy bes probeer om Jaco uit die werk te hou. Besoek gerus sy webtuiste by www.jacojacobs.co.za