Liefde Langs Die Eersterivier - Elsa Winckler (Paperback)

Tussen jazz en rock/Tussen jazz en rock/Sonder bagasie

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
196
RRP
R 240
(-18%)
No reviews yet.
Raru Electronics Poll - Huawei CM70-C FreeLace In-Ear Wireless Neckband Headphones - Up For Grabs Details...

Description

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhê en Sonder bagasie.

Tussen jazz en rock: Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na ’n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe ’n verhouding tussen hulle kan werk nie.

Anderkant liefhê: Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in ’n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar ’n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins hê, beslis nie ’n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie.

Sonder bagasie: Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk. Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek hê al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is ’n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het ’n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel ’n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wêreld om.

Product Details

Barcode
9780799378467
Department
Books
Released
1 Feb 2016
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Elsa Winckler
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
304
Dimensions
198 x 129mm

Summary

Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Tussen jazz en rock, Anderkant liefhe en Sonder bagasie. Tussen jazz en rock: Sanet se hart klop vinniger as sy naby Jak kom, maar na 'n vorige verhouding waartydens sy baie van haarself moes prysgee, is sy baie versigtig. Jak se belangstellings en hare is so uiteenlopend dat sy nie kan sien hoe 'n verhouding tussen hulle kan werk nie. Anderkant liefhe: Martha en Hans ken mekaar al lankal, maar die laaste paar maande is hulle gereeld in mekaar se geselskap gegooi, meestal in 'n poging om hulle vriende bymekaar te kry. Hans is nie heeltemal seker wat om met Martha te doen nie: sy is heeltemal te loud vir hom, het vreemde skilderye teen haar mure en het sowaar 'n rooi bank. Die enigste manier om haar stil te kry, is om haar te soen. Die enigste probleem is nou dat hy aan niks anders kan dink nie. Martha het al seergekry en wil hierdie keer die sprokie met die prins he, beslis nie 'n man wat nie kan besluit of hy haar wil soen of nie. Sonder bagasie: Lisa het haar lewe baie netjies uitgewerk.
Sy hou van lysies maak, van dinge op hulle plek he al probeer haar drie susters gereeld om haar lewe deurmekaar te krap. Sy is 'n ouditeur en sy verstaan syfers in netjiese rye. Die nuwe besturende direkteur by die firma het 'n hond, sy huis is deurmekaar en hy maak haar deurmekaar. Hy het nou wel'n BMW-motorfiets wat haar hart vinniger laat klop, maar sy het haar eie Harley Davidson. Sy kom dus heeltemal goed oor die weg so op haar eie, maar Peet keer haar wereld om.

Classification

General Subject
Romance/General
BISAC Subject 1
Fiction / Romance / Contemporary
BIC Classification 1
Adult & contemporary romance

Author Bio

Vir solank as wat Elsa Winckler kan onthou, lees sy liefdesverhale en toe sy die klassieke skrywers soos Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James, die Bronte- susters, ensovoorts tydens haar honneursstudies 'ontmoet' het, was dit soos om huis toe te kom. Om self 'n liefdesverhaal te probeer skryf, was 'n logiese volgende stap. Op die manier kon sy uiteindelik al die gesprekke wat naamlose gesigte gereeld in haar kop voer, neerskryf. Sy is met haar studenteliefde getroud en na 39 jaar, drie interessante kinders en drie pragtige kleinseuns, maak hy, soos dit 'n held betaam, nog altyd haar kniee lam. Hulle is van die gelukkige mense wat op Bettysbaai bly waar die see voor hulle le en 'n berg hoog agter hulle uittroon. Die lewe tot dusver was beslis nie altyd perfek nie, maar altyd interessant. Die heldinne in haar stories is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle se te se nie. Die helde is sterk, maar is ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes. En natuurlik is hulle altyd sexy en onmoontlik aantreklik! Sy hou daarvan om die karakters se huislike omstandighede in te bring sodat die leser hulle beter kan verstaan. Elsa het met haar eerste romanse Tussen jazz en rock in 2008 die rooi rose/LAPA-liefdesverhaalkompetisie gewen. Sy het ook die jaar daarna met dieselfde boek die ATKV-Woordveertjie vir romanses gewen.

Review Quotes

Chanette Paul se oor Tussen jazz en rock: "Die verhaal is stomend, lig en lekker. Die heldin is kontemporer en sexy en die held 'n dish. Elsa se skryfstyl is lig en lekker ..."