Monsterrugby - Fanie Viljoen (Paperback)

Dispatched in 10 to 12 working days
Price
122
RRP
R 150
(-19%)
(1 user rating)
No reviews yet.
Raru 8th Birthday 8% Coupon Code RCC-HAPPY8 Site Wide Discount Valid until 5 June! T&Cs Apply.

Description

Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ’n nare geheim het ... Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ’n Monster is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir ’n rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie – en die verloorders gaan geeet word! ’n Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en hulle hoendervleis sal gee!

Product Details

Barcode
9780799377255
Department
Books
Released
1 Jan 2018
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Authors
Fanie Viljoen
David Theron (Illustrator)
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
80
Dimensions
137 x 212 x 15mm (212g)

Summary

Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is 'n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max 'n nare geheim het ...Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid 'n Monster is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir 'n rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie - en die verloorders gaan geeet word! 'n Heerlike aksiebelaaide storie wat jong lesers sal laat skaterlag en hulle hoendervleis sal gee!

Classification

General Subject
Children's Fiction
BISAC Subject 1
Juvenile Fiction / Sports & Recreation / General
BISAC Subject 2
Juvenile Fiction / Action & Adventure / General
BIC Classification 1
Thrillers (Children's / Teenage)
BIC Classification 2
Sporting stories (Children's / Teenage)

Author Bio

Fanie Viljoen het in Welkom grootgeword. Sy boeke vir jonger lesers is propvol humor en avontuur, en sluit titels in soos die Slym-reeks, Klou, Oe la la, Lulu en Plons. Afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook 'n kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Hy is onder meer bekroon met die Sanlamprys vir Jeuglektuur, die M.E.R.-prys en verskeie ATKV-Kinderboektoekennings. David Theron is in 1981 in Johannesburg gebore. Hy het vroeg reeds 'n belangstelling in kuns ontwikkel. In 1999 het hy aan die Nasionale Skool vir die Kunste gematrikuleer, waarna hy drie jaar in Europa gewerk het. In 2005 het hy as professionele illustreerder in die advertensiebedryf begin werk en in 2008 'n B.A.-graad in kreatiewe handelsmerkontwerp aan die Vega-advertensieskool behaal. Sedertdien het sy loopbaan 'n draai in die animasiebedryf gemaak, en deesdae spits hy hom op die skone kunste toe.