Afkop - Fanie Viljoen (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
143
RRP
R 175
(-18%)
No reviews yet.

Description

Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou?

In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!

Product Details

Barcode
9780799372885
Department
Books
Released
1 May 2016
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Fanie Viljoen
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
208
Dimensions
198 x 128mm

Summary

Alles gaan oukei wees, het Decker gese. Hy was verkeerd. 'n Wilde partytjie. 'n Gesteelde kar. 'n Jaagtog wat in chaos eindig. 'n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Na 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste! Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook 'n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.

Classification

General Subject
Crime/Thrillers
BISAC Subject 1
Juvenile Fiction / Action & Adventure / General
BIC Classification 1
Adventure stories (Children's / Teenage)

Author Bio

Trefferboeke soos Betower, BreinBliksem, Uit, Onderwereld, Pleisters vir die dooies en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen 'n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders, jongmense en volwassenes, is hy ook 'n kunstenaar en inderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwereld is met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was die naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, Leeus met letsels en Uit is as IBBY-ereboeke aangewys, en hy het al 'n hele rits ATKV-kinderboektoekennings ingepalm.