Al Wat Ek Weet - Marita Van Der Vyver (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
151
RRP
R 185
(-18%)
No reviews yet.

Description

Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat.

Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak?

Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het?

Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin.

In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...

Product Details

Barcode
9780799378993
Department
Books
Released
1 Feb 2018
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Marita van der Vyver
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
232
Dimensions
198 x 128mm

Summary

Jy's kwaad vir die hele wereld. En jou enigste wapen is 'n rugsak vol woorde. Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En na haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil he hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige "gemengde bloed" jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in 'n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met 'n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wereld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir 'n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwereld van woorde leer hy om sy hand diep binn-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir 'n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop 'n ding of twee van poesie weet ...'n Eg Suid-Afrikaanse tienerverhaal oor 'n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die reddende krag van woorde.
Van der Vyver skryf oortuigend en boeiend oor die wereld van performance poetry en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om na sy ma se dood sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met 'n mens gooi. Al wat ek weet was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.

Classification

General Subject
Children's Young Adults
BISAC Subject 1
Juvenile Fiction / General
BIC Classification 1
General fiction (Children's / Teenage)

Author Bio

Afgesien van haar gewilde boeke vir volwasse lesers, soos Griet skryf 'n sprokie, Dis koue kos, skat en Die blou van onthou, wat van haar 'n huishoudelike naam gemaak het, is Marita van der Vyver ook 'n bekroonde kinderboekskrywer. Haar jeugroman Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom het die Sanlamprys verower en is verfilm, en sy het ook die Tienie Holloway-medalje en die M.E.R.-prys verower. Marita woon tans op die Franse platteland saam met haar man, Alain, en vier kinders.