Bloedlyn - Madelein Rust (Paperback)

Out of Stock
Price
261
RRP
R 320
(-18%)
(2 user ratings)
No reviews yet.
Raru User Review Competition: Write a Review and Win! 1 x R500 Raru Voucher up for grabs every month!

Details...

Description

Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene.

Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder.

Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?

Product Details

Barcode
9780799380422
Department
Books
Released
1 Jul 2016
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Madelein Rust
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
320
Dimensions
198 x 129 x 15mm (198g)

Summary

Doktor Renata Malan is 'n profileerder met 'n donker verlede en 'n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar 'n gedugte teenstander en 'n gehate vyand. 'n Seksmoordenaar saai amok tussen die ontroue vroue van Bloemfontein se rykstes; Renata en haar span moet hom help aankeer voordat nog vroue sterf. Die een raaiselagtige leidraad na die ander duik op ondanks die gebrek aan forensiese getuienis. Is die moorde die werk van haar ontsnapte moordenaar-pa, of is daar 'n ander monster wat sy dodelike fantasiee keer op keer uitleef? Die moordenaar is forensies en tegnologies bekwaam, hy het kennis van menslike anatomie en hy weet hoe om sy slagoffers sonder enige teenstand tot in sy moordkamer te kry. Die spanning bou op wanneer die moordenaar met Renata kontak maak en haar betrek by die sadistiese moorde. 'n Lid van haar span word geskiet en nog een word wreed aangerand. Is sy volgende aan die beurt? Die moordenaars in Renata Malan se stamboom het toegegee aan hulle natuur wanneer daar 'n sneller was. Is hierdie saak die sneller, die een wat haar finaal oor die afgrond gaan stoot?

Classification

General Subject
Crime/Thrillers
BISAC Subject 1
Fiction / Thrillers
BISAC Subject 2
Fiction / Romance / Contemporary
BISAC Subject 3
Fiction / Suspense
BIC Classification 1
Adult & contemporary romance
BIC Classification 2
Thriller / suspense

Author Bio

Madelein Rust span haar kennis van die sielkunde in om spanningsverhale te skep wat die leser toelaat om self raaisels te ontrafel. Haar karakters is gewone mense wat ongewone dinge doen - soos om te delf in die donkerste plekke van die mens se psige. Haar verhale kontrasteer boosheid met breekbare suiwerheid van gees, maar die oorwinning van lig oor donker loop soos 'n goue draad deur elke verhaal. Madelein se debuut, Die dertiende kaart, was 'n finalis in die ATKV Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in 2014 en verskyn telkens op Nielsen se topverkoperlys. Haar tweede spanningsroman, Monstersaad, bring ook etlike weke op Nielsen's deur. Gedurende die week werk Madelein as 'n bedryfspesialis en naweke word ingespan om haar passie vir skryf uit te leef. Sy woon in in Johannesburg saam met haar man, Jaun.

Review Quotes

Chanette Paul se van Bloedlyn: "Dis Madelein se beste boek tot dusver. Sy gaan haar fans baie gelukkig maak hiermee."