Swartval - Martin Steyn (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
240
RRP
R 295
(-19%)
No reviews yet.
Vote for your Game of the Year 2018 - EPIC GAMING BUNDLES Up for Grabs. Ends 20th Dec. 2018. Details...

Description

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat.

Vir haar.

En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos.

Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

Product Details

Barcode
9780799380910
Department
Books
Released
1 Aug 2016
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Martin Steyn
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
384
Dimensions
198 x 129mm

Summary

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar. Dit het begin met 'n blom onder haar motor se ruitveer. Maar die tweede een was dood en toe kom die swart blomme. En nou word sy iewers in 'n sel van sement gevange gehou. Claire Winters plaas eers haar hoop op haar speurder-broer om haar te kom red. Want hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog 'n lang, donker dag eindig met 'n toebroodjie en 'n glas water en Derek kom nie. En Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voor haar brein heeltemal in die swart van die kelder oplos. Die enigste manier uit is deur haar ontvoerder. Net hy kan die kelder se deur oopmaak. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word. Kritici is gaande oor Martin Steyn se verskyning op die toneel van misdaadfiksie. Donker spoor, sy debuutroman, is in 2015 met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningsromans bekroon.

Classification

General Subject
Crime/Thrillers
BISAC Subject 1
Fiction / Crime
BISAC Subject 2
Fiction / Suspense
BISAC Subject 3
Fiction / Thrillers
BISAC Subject 4
Fiction / Mystery & Detective / General
BIC Classification 1
Thriller / suspense
BIC Classification 2
Crime & mystery

Author Bio

Martin Steyn het op skool begin skryf aan Stephen King-geinspireerde gruwelverhale. Met sy belangstelling in die donker aspekte van die mens se psige, was dit onafwendbaar dat reeksmoordenaars hom sou fassineer. Na sy studies in sielkunde en kriminologie, het hy reeksmoordenaars en profilering begin bestudeer. Hy het ook sewe ware-misdaadartikels vir die Crime Library-webwerf geskryf, onder meer oor Stewart Wilken, Moses Sithole en die Sizzlers-moorde. Steyn se droom was egter altyd om fiksie te skryf, veral realistiese misdaadfiksie. Dit het tot heelwat navorsing oor die SAPD en sy forensiese eenhede gelei. Sy debuutroman, Donker spoor, het in 2014 verskyn en sy tweede roman, Skuldig het in 2015 verskyn.