Misverstand - Marita van der Vyver (Paperback)

Dispatched in 3 to 5 working days
Price
159
RRP
R 200
(-21%)
No reviews yet.

Description


Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.

Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken.

Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.

Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.

Product Details

Barcode
9781485903505
Department
Books
Released
15 Feb 2017
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Marita van der Vyver
Binding
Paperback / softback
Publisher
Penguin Books
Language
Afrikaans
Number of Pages
272
Dimensions
234 x 153 x 15mm (360g)

Summary

Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om ’n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer wink die koue water van die Seine – miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink ’n swartgallige Willem.Tot sy skaamte is dit die erotika wat hy onder ’n skuilnaam skryf wat hom na Frankryk gebring het. Terug na die stad waar een van sy drie eksvroue saam met sy oudste seun woon, ’n jong man wat sy pa skaars ken. Vir Willem is Parys nie juis die stad van liefde nie, maar dit is hier waar hy vir Jackie ontmoet, ’n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is ook sy wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars. Misverstand is die dertiende roman van een van Suid-Afrika se gewildste skrywers. ’n Roman oor die ontnugtering van die middeljare, die lewe se onweerswolke wat dikwels dreig, en oor bande tussen mense wat beskut.

Classification

General Subject
Fiction
BISAC Subject 1
Fiction / Literary
BIC Classification 1
Modern & contemporary fiction (post c 1945)

Author Bio

Marita van der Vyver is die skrywer van 'n tiental romans, 'n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haar boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf 'n sprokie, 'n literere sensasie wat in sowat 'n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie.