Dromers - Fanie Viljoen (Paperback)

Out of Stock
Price
110
RRP
R 135
(-19%)
No reviews yet.

Product Details

Barcode
9780799383621
Department
Books
Released
1 May 2017
Supply Source
South Africa

Book

Authors
Fanie Viljoen
Zinelda McDonald (Illustrator)
Binding
Paperback / softback
Publisher
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Language
Afrikaans
Number of Pages
80
Dimensions
212 x 137mm

Summary

Dans is Byron Carelse se hele lewe. Dit is sy energie, sy passie, sy geluk ...sy vonk. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme wat by die huis op hom wag. Sy beste vriendin, Tasha, se altyd hy moenie toelaat dat ander mense sy vonk steel nie. Maar sy weet nie van die dinge wat by sy huis gebeur nie. En dalk is dit beter so. Wat sal sy van hom dink? Op 'n dag sien iemand Byron se talent raak. Hy kry saam met 'n groepie ander township-kinders die kans om deel te wees van 'n glansryke vertoning by die kunstefees. Die kans om groot drome te droom ...groter as die township waar hy bly. Maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel? Hierdie splinternuwe jeugroman uit die pen van Fanie Viljoen is in eenvoudige, maklik verstaanbare taal geskryf - perfek vir trae lesers of lesers wie se tweede of derde taal Afrikaans is.

Classification

General Subject
Juvenile
BISAC Subject 1
Juvenile Fiction / General
BIC Classification 1
General fiction (Children's / Teenage)

Author Bio

Trefferboeke soos Betower, BreinBliksem, Uit, Onderwereld, Pleisters vir die dooies en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen 'n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders, jongmense en volwassenes, is hy ook 'n kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwereld is met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was die naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, Leeus met letsels en Uit is as IBBY-ereboeke aangewys, en hy het al 'n hele rits ATKV-Woordveertjies ingepalm. Zinelda McDonald woon in Pretoria. Sy het 'n honneursgraad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf. Reeds in haar studiejare het sy 'n unieke styl ontwikkel. Sy het al talle kinderboeke, handboeke en opvoedkundige gidse geillustreer, waaronder publikasies soos Die coolste ouma op aarde, Kougom in my hare, Op die punt van my tong, Wiskunde gee my maagpyn, en Moenie hierdie boek eet nie! Haar illustrasies vir Marita van der Vyver se Die coolste ouma op aarde het in 2015 aan haar 'n ATKV-Woordveertjie vir beste illustreerder besorg.