Hoe Diep Die Liefde Lê - Elsa Winckler (Paperback)

Dispatched in 7 to 9 working days
This product is allowed to be delivered during Lockdown Level 3
Price
196
RRP
R 240
(-18%)
No reviews yet.

Product Details

Barcode
9780799384987
Department
Books
Released
1 Jun 2017
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Elsa Winckler
Binding
Paperback / softback
Publisher
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Language
Afrikaans
Number of Pages
400
Dimensions
198 x 129mm (198g)

Summary

Hierdie is 'n omnibus bestaande uit drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas Waar liefde le, Want daar's skoenlappers en Heldergeel dag. Waar liefde le: In Lana se kort joernalistieke loopbaan vertrou die redakteur haar net met berigte oor celebs. Tot sy die dag 'n kollega moet uithelp toe 'n omgewingskundige 'n lesing gee. Nie dat dit haar opgewonde het nie want sy wil oor politiek verslag doen, nie oor "groen aktiviste wat bome loop en omhels" nie.Maar niemand het haar gese hierdie groen aktivis is so lenig en het sulke blou oe nie; ook nie dat sy passie veel intiemer kan word as vir 'n klimekspedisie Kilimandjaro toe, en dat hy nie net bome omhels nie ...En niemand het hom gese Lana het 'n doodse vrees vir berge nie. Kan twee sulke uiteenlopende mense mekaar vind? Want daar's skoenlappers: Gemma is 'n mediese dokter en Nick 'n oorlogsfotograaf. Boonop is Gemma se broer met Nick se suster getroud. Maar hierdie twee aangetroude familielede het die talent om mekaar verkeerd op te vryf want kort-kort is daar 'n uitval. Wat hierdie situasie ietwat eienaardig maak, is dat hulle nie hulle hande van mekaar kan afhou nie en gedurig in mekaar se gedagtes is.
Toe Nick saam met ander oorlogsfotograwe in Libie gevange geneem word en Gemma terselfdertyd siek word in Haiti, is dit asof 'n onsigbare mag hulle na mekaar toe aantrek. Maar of hulle mekaar opnuut die hare gaan invlieg - sou hulle mekaar ooit weer sien - is 'n ander vraag .Heldergeel dag: Vir 'n wynmaker soos Cara is dit sommer 'n helderblou dag wanneer iets goeds gebeur. En 'n heldergeel dag wanneer daar nou regtig iets wonderliks gebeur. Maar met haar vriendin se broer Henry in die omgewing kan die geelste dag vaal word. In al die jare sedert sy hom leer ken het, kon hulle mekaar nie verdra nie. Of dink hulle net so omdat hulle eintlik te veel van mekaar hou? Maar net toe dit begin lyk asof sake duideliker word, kom hy met 'n lys verskonings oor hoekom dit nie tussen hulle sal werk nie. En Cara het nou genoeg hiervan gehad. Laat hy net weer naby haar kom!

Classification

General Subject
Romance/Modern
BISAC Subject 1
Fiction / Romance / Contemporary
BIC Classification 1
Adult & contemporary romance

Author Bio

Onder Elsa Winckler se geliefkoosde skrywers sedert haar studentejare is Jane Austen, Elizabeth Gaskell en die Bronte-susters. Om self 'n liefdesverhaal te skryf was 'n logiese volgende stap. Op die manier kon sy uiteindelik al die gesprekke wat naamlose gesigte gereeld in haar kop voer, neerskryf. Sy woon saam met haar man op Bettysbaai en skryf voltyds sedert sy afgetree het. Haar heldinne is onafhanklik, hardekwas en nie skaam om hulle se te se nie. Die helde is sterk en manlik, maar ook sensitief vir die onderskeie heldinne se behoeftes. Elsa hou daarvan om die karakters se huislike omstandighede weer te gee sodat die leser met hulle kan identifiseer. Sy het met haar eerste romanse Tussen jazz en rock in 2008 die rooi rose/LAPA-liefdesverhaalkompetisie gewen. Sy het ook die jaar daarna met dieselfde boek die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses gewen. In 2014 het sy nog 'n ATKV-Woordveertjie vir die Satyn-romanse, Te eenders, te anders gewen en in 2016 weer met Liefde in laslap.