Moordhuis - Madelein Rust (Paperback)

Out of Stock
Price
228
RRP
R 280
(-19%)
No reviews yet.
Raru User Review Competition: Write a Review and Win! 1 x R500 Raru Voucher up for grabs every month!

Details...

Product Details

Barcode
9780799385007
Department
Books
Released
1 Jun 2017
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Madelein Rust
Binding
Paperback / softback
Publisher
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
304
Dimensions
198 x 129 x 15mm (198g)

Summary

Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is 'n profileerder met 'n donker verlede en 'n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar 'n gedugte teenstander en 'n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in 'n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wereld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood?
Hou die Gainsfordseuns se dood verband met 'n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan na al die jare skielik in haar wakker maak en die liefde vir haar moordenaar-pa.

Classification

General Subject
Fiction
BISAC Subject 1
Fiction / Crime
BISAC Subject 2
Fiction / Suspense
BISAC Subject 3
Fiction / Thrillers
BISAC Subject 4
Fiction / Romance / Contemporary
BISAC Subject 5
Fiction / Mystery & Detective / General
BIC Classification 1
Thriller / suspense
BIC Classification 2
Adult & contemporary romance
BIC Classification 3
Crime & mystery

Author Bio

Madelein Rust se skrywersloopbaan skop af met die skryf van romantiese kortverhale, en haar twee pogings in die genre, Tango in die Kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In 'n Neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale. Rust se debuutroman, Die 13de kaart, is in Julie 2014 op die rakke en verskyn kort daarna op Nielsen se topverkoperlys. Dit word benoem vir 'n ATKV- Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in 2015. Haar tweede roman, Monstersaad, verskyn in Julie 2015, oes groot lof van resensente sowel as lesers in. Ook die boek verskyn op Nielsen se topverkoperlys en is finalis in die Woordveertjietoekenning vir Spanningslektuur in 2016.