Daar is 'n engel in my koskas - Willie Strauss (Paperback)
Product Details
- Barcode
- 9780798177498
- Department
- Books
- Released
- 17 Sep 2018
- Content Source
- South African
- Supply Source
- South Africa
Book
- Author
- Willie Strauss
- Binding
- Paperback
- Publisher
- Human & Rousseau
- Language
- Afrikaans
- Number of Pages
- 192
- Dimensions
- 280 x 215mm (1g)
Summary
In Daar is 'n engel in my koskas neem Willie Strauss jou op 'n
nostalgiese kosreis en nooi jou om die geure en smake wat hy met
groot vreugde onthou, saam met hom te geniet. Resepte of enkele
bestanddele word verweef met interessante - en soms komiese -
vertellings. So is daar onder andere die blikkie kondensmelk
(engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die
wonderlike kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning
granaatbome naby die plaasdam en die verleidelike granaatkoek
waarmee jy jou gaste sal beindruk, die reuk van kwepers wat in 'n
Jewel-oond gebak is en die pluk van groenvye in die boord vir
konfyt. Van brood en beskuit, sop, hoof- en bygeregte tot poedings,
koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in
hierdie kookboek vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en
Kerstyd voorsiening maak. Willie nooi jou om sy resepte te neem, 'n
bord kos te kook en dit te deel met die engele in jou lewe. Kom,
wees 'n engel!
Classification
- General Subject
- Cooking
- BISAC Subject 1
- Cooking / General
- BIC Classification 1
- General cookery & recipes
Inside Flap
Willie Strauss is ‘n geliefde televisiepersoonlikheid, akteur, liedjieskrywer, sanger en koskenner. Hy tree by kunstefeeste op, waar sy optredes deurgaans baie gewild is. Hy woon op Cullinan.
Author Bio
Willie Strauss is `n geliefde televisiepersoonlikheid, akteur,
liedjieskrywer, sanger en koskenner. Hy tree by kunstefeeste op,
waar sy optredes deurgaans baie gewild is. Hy woon op Cullinan.