Die Meeste Sterre is Lankal Dood - Johann de Lange (Paperback)

In Stock
Price
194
RRP
R 250
(-22%)
No reviews yet.

Description

Die meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in 'n vers ("om met woorde die onsegbare te sê"). Die bundel het 'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies & verganklikheid, van "inskaduwings van die lig". Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir "my mooi dooies". In "Oggendmusiek" beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in "Ode aan die mielie": "Nét so, nog aan die oggend ­­ tussen die syige bene van die dag ­­ staan hy, volryp, pittig & reg."

Product Details

Barcode
9780798181235
Department
Books
Released
4 Sep 2020
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Johann de Lange
Binding
Paperback
Publisher
Human & Rousseau
Language
Afrikaans
Number of Pages
96
Dimensions
234 x 152 x 15mm (234g)

Classification

General Subject
Poetry

Author Bio

Johann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore. Sy debuutbundel Akwarelle van die dors (1982) is met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Sy vierde bundel, Wordende naak, word in 1990 met die Rapportprys vir Po√ęsie bekroon. Die algebra van nood, wat in 2009 verskyn het, is in 2011 met die Hertzogprys bekroon.