Slym-Omnibus - Fanie Viljoen (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
127
RRP
R 155
(-18%)
No reviews yet.

Product Details

Barcode
9780799384222
Department
Books
Released
1 Feb 2018
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Fanie Viljoen
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
296
Dimensions
212 x 137mm

Summary

Langs die riete in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook 'n wurm, Slym. Op 'n dag word 'n wurm deur 'n voel gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie ... Hy skrik so groot dat hy 'n bol vrotterige slym in die voel se bek skiet. Die voel skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val ... by 'n skool vir paddas. En so begin 'n hele reeks avonture by die paddaskool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope gawe paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolboelie, Padarotti. Fanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie. Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het die oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef. Slym het die eerste wurm geword wat in 'n paddakonsert gesing het, hy het 'n draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op 'n towertapyt gery! Boonop het hy sommer twee ATKV-Woordveertjies ook ingepalm! Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleuromnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in: Slym: Die wereld se eerste wurm in 'n paddakonsert; Slym en die beker van geluk; Slym en die gogga-sirkus; Slym en die towertapyt.

Classification

General Subject
Children's Fiction
BIC Classification 1
Adventure stories (Children's / Teenage)

Author Bio

Trefferboeke soos die Slym-reeks, Klou, Aksieheld Austin-reeks en die Novawetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen 'n huishoudelike naam gemaak. Fanie het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel, en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense, is hy ook 'n visuele kunstenaar en kinderboekillustreerder wat al aan verskeie uitstallings deelgeneem het. Sy boeke BreinBliksem en Onderwereld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie, en hy het al 'n rits ATKV-Woordveertjies vir sy skryfwerk en illustrasies ingepalm.