Prooi - Deon Meyer (Paperback)
Product Details
- Barcode
- 9780798177757
- Department
- Books
- Released
- 31 Oct 2018
- Content Source
- South African
- Supply Source
- South Africa
Book
- Author
- Deon Meyer
- Binding
- Paperback / softback
- Publisher
- Human & Rousseau
- Language
- Afrikaans
- Number of Pages
- 448
- Dimensions
- 222 x 152mm (1g)
Summary
Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.
Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.
Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?
Classification
- General Subject
- Crime/Thrillers
- BISAC Subject 1
- Fiction / Crime
- BISAC Subject 2
- Fiction / Mystery & Detective / General
- BIC Classification 1
- Crime & mystery
Author Bio
Deon Godfrey Meyer is op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp. Hy studeer aan die PU vir CHO en volg ’n BA-kursus met Engels en Geskiedenis as hoofvakke. Hy behaal later ’n honneursgraad aan die Universiteit van die Vrystaat.
In die 1980’s het hy as joernalis by Die Volksblad gewerk, die Universiteit van die Vrystaat se Skakelburo en in 1989 begin hy by Sanlam in Kaapstad as reklame-kopieskrywer.
In 1991 word hy aangestel as bestuurder van Interne Kommunikasie en skeppende direkteur van Sanlam se Reklame-afdeling. Hy begin later sy eie maatskappy wat spesialiseer in die skep en bestuur van virtuele gemeenskappe op die internet, en daarna was hy die bestuurder van spesiale projekte van BMW se motorfietsafdeling. Hy is op die oomblik ’n voltydse skrywer.
Deon Meyer se romans het al in meer as 25 tale verskyn. In Frankryk het hy twee groot pryse ingepalm vir die Franse uitgawes van sy spanningsromans. Vir Feniks Le Grand Prix de Littérature Policiére 2003, vir Orion die Prix Mystère de la Critique 2004. Proteus verskyn op die langlys vir die IMPAC literêre toekenning en die Duitse vertaling het in 2006 die Deutsche Krimi Preis in die internasionale kategorie ontvang.
Het jy geweet?
· In 2004 is die Engelse vertaling van Proteus, The Heart of the
Hunter, deur die Chicago Tribune aangewys as een van die tien beste
spanningsromans in Amerika.
· Hy behaal in 2004 ’n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder
Marlene van Niekerk aan die Universiteit van Stellenbosch.
· Deon was die eerste Suid-Afrikaner om die Deutsche Krimi Preis te
ontvang – dit word beskou as een van die oudste en gesogste Duitse
literêre toekennings vir Kriminalliteratur, oftewel
misdaadfiksie.
· Die Sweedse uitgawe van Orion (Död i gryningen) was in 2008 op
die kortlys van die Martin Beck-toekenning vir vertaalde
misdaadfiksie. Orion was ook in 2000 op die kortlys van die
M-Net-prys.
· Orion is tot ’n TV-reeks verwerk en Deon het met die draaiboek
gehelp. Hy het ook die draaiboek van die TV-reeks, Transito,
geskryf wat in 2008 uitgesaai is.