Groot Beer - Wendy Hartmann (Paperback)

Dispatched in 7 to 10 working days
Price
122
RRP
R 150
(-19%)
No reviews yet.
Raru Gift Shop - Gift Ideas for the Festive Shopper Details...

Description

'n Sensitiewe, roerende storie oor 'n kind se hantering van egskeiding, en die wonderlike genesende krag van verbeelding en stories.

Product Details

Barcode
9780799389197
Department
Books
Released
1 Sep 2018
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Authors
Wendy Hartmann
Zinelda McDonald (Illustrator)
Jaco Jacobs (Translator)
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
32
Dimensions
280 x 210mm

Summary

Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op 'n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie - net baie, baie groter. Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. "Moenie hartseer wees nie," se sy sag vir hom. "Ek is hier." Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy se vir hom hy hoef nie bekommerd te wees nie en sy vertel vir hom geheime waarvan niemand anders weet nie. Maar toe Lara daardie middag by die huis kom, staan daar 'n tas en bokse in die gang. Sy hoor harde stemme en kort daarna ry Pappa weg. "Moenie bekommerd wees nie, my skat," se Mamma vir haar. "Ek en jy gaan piekfyn wees." Maar daardie aand kan Lara nie slaap nie. En kort voor lank klim iemand deur haar venster. "Moenie hartseer wees nie," se 'n sagte stem. "Ek is hier." En daar is Groot Beer! Kort voor lank beleef hulle hope avonture saam ... 'n Sensitiewe, roerende storie oor 'n kind se hantering van egskeiding, en die wonderlike genesende krag van verbeelding en stories.

Classification

General Subject
Juvenile
BISAC Subject 1
Juvenile Fiction / General
BIC Classification 1
Baby books

Author Bio

Wendy Hartmann is een van die produktiefste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Suid-Afrika. Haar boeke soos Nina en Eendjie (M.E.R.-prys vir geillustreerde kinderboeke), Theo die biblioteekkat (eervolle vermelding vir die Katrine Harries-toekenning), Net Sisi (M.E.R.-prys), All the Magic in the World (Kinderboekforum-erelys, IBBY-erelys vir beste illustrasies, Bookchat-toekenning) en One Sun Rises (United States Parent's Choice Award vir beste illustrasies) is plaaslik en oorsee gepubliseer en bekroon. Wendy woon in Kaapstad. Sy is getroud en het twee dogters. Zinelda McDonald woon in Pretoria. Sy het 'n honneursgraad in grafiese ontwerp aan die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus verwerf. Reeds in haar studiejare het sy 'n unieke styl ontwikkel. Sy het al talle kinderboeke, handboeke en opvoedkundige gidse geillustreer, waaronder publikasies soos Die coolste ouma op aarde, Kougom in my hare, Op die punt van my tong, Wiskunde gee my maagpyn, en Moenie hierdie boek eet nie! Haar illustrasies vir Marita van der Vyver se Die coolste ouma op aarde het in 2015 aan haar 'n ATKV-Woordveertjie vir beste illustreerder besorg, en sy het die Exclusive Books/IBBY-prys vir Moenie hierdie boek eet nie! gewen.