Retoer Pretoria - Provence - Marita Van Der Vyver (Paperback)

Dispatched in 4 to 7 working days
Price
208
RRP
R 255
(-18%)
No reviews yet.

Description

Op reis saam met Marita van der Vyver, van Pretoria tot Provence! Retoer: Pretoria – Provence is ’n bundel van dié bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Dit sluit in ’n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met ’n ATKV-Mediaveertjie vereer is. Dié “meisie van die suburbs”, soos sy haarself beskryf, neem die leser op reis deur haar lewe en wêreld: Van haar jeugherinneringe – haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was – tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor ’n tiekieboks, die karre van haar kleintyd (’n bruin Opel en ’n geel kewer),en laat die leser tegelyk skater en verlang. Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir “verdagte knoppies”. Haar woordkuns neem die leser van die alledaagse na die eksotiese, van die skreeusnaakse na die hartverskeurende, van die lyflike na die geestelike. ’n Tema wat soos ’n paar voetspore deur Retoer loop, is dié van reis: Die reis na heerlike, onbekende plekke en die meer onstuimige, dikwels vreesaanjaende reis na die self. Retoer sal jou hardop laat lag en trane in jou oë laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op ’n sielsreis neem.

Product Details

Barcode
9780799384796
Department
Books
Released
1 Sep 2018
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Marita van der Vyver
Binding
Paperback / softback
Publisher
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Language
Afrikaans
Number of Pages
160
Dimensions
198 x 130mm

Summary

Retoer: Pretoria - Provence is 'n bundel van die bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Dit sluit in 'n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met 'n ATKV-Mediaveertjie vereer is. Die "meisie van die suburbs", soos sy haarself beskryf, neem die leser op reis deur haar lewe en wereld: Van haar jeugherinneringe - haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was - tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor 'n tiekieboks, die karre van haar kleintyd ('n bruin Opel en 'n geel kewer),en laat die leser tegelyk skater en verlang. Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariers en die verskriklike vrees vir "verdagte knoppies". Haar woordkuns neem die leser van die alledaagse na die eksotiese, van die skreeusnaakse na die hartverskeurende, van die lyflike na die geestelike. 'n Tema wat soos 'n paar voetspore deur Retoer loop, is die van reis: Die reis na heerlike, onbekende plekke en die meer onstuimige, dikwels vreesaanjaende reis na die self. Retoer sal jou hardop laat lag en trane in jou oe laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op 'n sielsreis neem.

Classification

General Subject
Travel
BISAC Subject 1
Travel / Africa / General
BISAC Subject 2
Literary Collections / Essays
BISAC Subject 3
Travel / Essays & Travelogues
BIC Classification 1
Literary essays
BIC Classification 2
Travel writing

Author Bio

Marita van der Vyver is gebore in Kaapstad en het 'n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen die ouderdom van 20 en 30 publiseer sy drie jeugromans voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf 'n sprokie, in 1992 'n blitsverkoper en 'n literere sensasie word. Sedertdien het sy 'n heeltydse en veelsydige skrywer vir alle ouderdomme geword, met 'n tiental romans, 'n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Sy het reeds verskeie pryse vir haar skryfwerk gewen. Haar volwasse romans word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal, terwyl Griet skryf 'n sprokie in sowat 'n dosyn tale gepubliseer is. Dit was die eerste Afrikaanse roman ooit wat in Chinees vertaal is, en het meer onlangs ook in Yslands verskyn. Marita woon op 'n klein dorpie in die suide van Frankryk saam met haar Franse man, Alain Claisse. Hulle het 3 seuns en 'n dogter.