Doodsengel - Madelein Rust (Paperback)

Dispatched in 5 to 7 working days
Price
228
RRP
R 280
(-19%)
No reviews yet.
Raru User Review Competition: Write a Review and Win! 1 x R500 Raru Voucher up for grabs every month!

Details...

Description

Is dit ’n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees? Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in ’n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om ’n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir ’n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?

Product Details

Barcode
9780799395129
Department
Books
Released
1 Jun 2019
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Madelein Rust
Binding
Paperback
Publisher
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
304
Dimensions
198 x 129 x 15mm (198g)

Summary

Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees? Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie.

En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wat. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliente en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis?

Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?

Classification

General Subject
Crime/Thrillers
BISAC Subject 1
Fiction / Thrillers
BIC Classification 1
Thriller / suspense

Author Bio

Madelein Rust se skrywersloopbaan skop af met die skryf van romantiese kortverhale, en haar twee pogings in die genre, Tango in die kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In 'n neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale. Rust se debuutroman, Die 13de kaart, is in Julie 2014 op die rakke, en verskyn kort daarna op Nielsen se topverkoperlys en is 'n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningsliteratuur.

Haar tweede roman, Monstersaad, verskyn in Julie 2015, en oes groot lof in van resensente sowel as lesers. Ook die boek, sowel as Bloedlyn (2016), Moordhuis (2017) en Lam ter slagting (2018) verskyn op Nielsen se topverkoperlys. Rust se boeke laat lesers en resensente gons: "Rust slaag daarin om die raaisel enduit te voed en die leser betrokke te hou in afwagting op die slot, wat ook puik geskryf is." - LitNet oor Bloedlyn "Rust se karakters is verwikkeld en eg menslik en word met knap dialoog uitgebeeld." - LitNet oor Moordhuis "Rust het besonder simpatieke karakters ontwikkel, en hierby sluit ek newekarakters in, wat gou die leser emosioneel betrek." - LitNet oor Die 13de kaart "Monstersaad is 'n boeiende boek uit die pen van 'n vaardige verteller.

Dit vergelyk uitstekend met enige oorsese boek wat ek al in hierdie genre gelees het." - Ilse Salzwedel bekroonde joernalis en aanbieder van Skrywers en Boeke op rsg "Rust se woorde wip en byt soos 'n chilli popper. Sy is dodelik wanneer sy haar blik rig op die teelaarde van boosheid en brutaliteit." - Jonathan Amid, Beeld "Die skrywer het die gawe om die leser sodanig te betrek by die verhaal, dat jy dit eerder beleef, as lees. Dit is met 'n gevoel van ontsetting dat ek die boek toemaak; dit is nie vergesogte verdigsel nie, dit kan gebeur, tewens, dit gebeur daagliks rondom ons. - Amanda oor Moordhuis op Goodreads