'n Redelike Hoeveelheid Moeilikheid - André Krüger (Paperback)

Dispatched in 5 to 7 working days
Price
220
RRP
R 270
(-19%)
No reviews yet.
Raru User Review Competition: Write a Review and Win! 1 x R500 Raru Voucher up for grabs every month! Details...

Description

Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro's van Rosettenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy wil…
Dit het alles begin met die kaping van die passasiersskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor?
Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse as om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer…
Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, 'n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook 'n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Schneider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?

Product Details

Barcode
9780799395433
Department
Books
Released
24 Jun 2019
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
André Krüger
Binding
Paperback
Publisher
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
288
Dimensions
198 x 129 x 15mm (198g)

Summary

Robert Ferreira is in die pekel. Sy vrou Sylvia het spoorloos verdwyn. Hy is seker haar Portugese familie, die Monteiro's van Rossetenville, het iets daarmee te doen. Om dinge te vererger vereis sy bevelvoerder in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, dat hy deelneem aan een laaste geheime sending, al is dit teen sy
wil...

Dit het alles begin met die kaping van die passasierskip, die Santa Maria, in Kabinda. Watter rol het die Amerikaners en Mossad gespeel? En die Russe, waar pas hulle in? Wat van die vermiste koevert, waarvoor almal bereid is om te moor? Robert sal enige-iets doen om sy vrou te vind. Sy bevelvoerder, met al sy kontakte, weet dalk net waar sy is. Hy het dus geen keuse om die laaste sending aan te pak nie. Die vraag is: steek sy vrou dalk ook iets weg? Net tyd sal leer...

Die leser word deel van Robert se sending na plekke soos Siprus, Portugal en Beiroet, waar hy vir Julia Breytenbach, 'n Britse SIS-agent ontmoet. Daar is ook 'n aantal ander rolspelers om die gevaarlike Ursula Scheider vas te trek; sy wat die ontwykende koevert in haar besit het. Sal hulle haar kan vang voor die inligting in die verkeerde hande beland, met katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika? Ook: gaan Robert sy gevoelens vir Julia in toom kan hou?

Classification

General Subject
Romance/General
BISAC Subject 1
Fiction / Crime
BIC Classification 1
Crime & mystery

Author Bio

Andre Kruger is gebore 6 Desember 1963 in Johannesburg, en matrikuleer aan Hoerskool Florida in 1981.

By R.A.U. verwerf hy die volgende grade: B.A. (Regte) in 1989, B.A. Honneurs (Filosofie) in 1990, M.A. (Filosofie) in 1993 en B.Proc. in 1996. In 1999 kwalifiseer hy as advokaat, tot hy die beroep verlaat in 2005 om hom ten volle te skaar by die boekbedryf. Hy is die skrywer van twee boeke, Die twee lewens van Dieter Ondracek en Komplot, wat albei baie goed ontvang is deur die media en resensente.