Grensgeval - Marita van der Vyver (Paperback)
Description
Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai, ’n man wat sy laaste twee dekades in ’n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om aan die grens te veg – ’n plek en ’n oorlog waarvan mense tuis bitter min geweet het. Vir Theresa self was dit ’n tydperk van eerste liefdes, disko’s en vakansies by die see.
Theresa besef gou die brief is deur ’n Kubaanse soldaat aan sy kind geskryf – iemand wat, indien hy of sy nog leef, nou minstens veertig jaar oud sal wees. Theresa weet in haar siel sy moet Kuba toe: om die soldaat se kind te soek, om die brief te besorg, om boete te doen vir Theo se dade en vir haar eie onkunde.
In swoel, afgeleefde Kuba, tussen kleurryke motors uit die vyftigerjare en geurige sigaarrook, word Theresa se soektog intiem vervleg met die lewens van mense wat in Angola as “die vyand” gebrandmerk is. Só ontrafel sy wat dit beteken het om groot te word in die Suid-Afrika van daardie tyd.
Product Details
- Barcode
- 9781485903796
- Department
- Books
- Released
- 1 Nov 2019
- Content Source
- South African
- Supply Source
- South Africa
Book
- Author
- Marita van der Vyver
Summary
Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná
sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op
Theo gedraai, ’n man wat sy laaste twee dekades in ’n inrigting
moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die
tyd toe tienerseuns gestuur is om aan die grens te veg – ’n plek en
’n oorlog waarvan mense tuis bitter min geweet het. Vir Theresa
self was dit ’n tydperk van eerste liefdes, disko’s en vakansies by
die see.
Theresa besef gou die brief is deur ’n Kubaanse soldaat aan sy kind
geskryf – iemand wat, indien hy of sy nog leef, nou minstens
veertig jaar oud sal wees. Theresa weet in haar siel sy moet Kuba
toe: om die soldaat se kind te soek, om die brief te besorg, om
boete te doen vir Theo se dade en vir haar eie onkunde.
In swoel, afgeleefde Kuba, tussen kleurryke motors uit die
vyftigerjare en geurige sigaarrook, word Theresa se soektog intiem
vervleg met die lewens van mense wat in Angola as “die vyand”
gebrandmerk is. Só ontrafel sy wat dit beteken het om groot te word
in die Suid-Afrika van daardie tyd.
Classification
- General Subject
- Fiction