Raru Summer Sale 2022 ends in:

Bak Dit Self - Marlene Schoeman (Paperback)

Dispatched in 10 to 12 working days
Price
285
RRP
R 350
(-19%)
No reviews yet.

Description

’n Nuwe baba in die familie is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter ’n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien. In Bak dit self wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak. Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit. Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie. Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.

Product Details

Barcode
9780799399653
Department
Books
Released
4 Nov 2020
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Marlene Schoeman
Binding
Paperback
Publisher
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
132
Dimensions
280 x 210 x 15mm (280g)

Summary

'n Nuwe baba in die familie is altyd 'n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter 'n duur spulletjie word, veral as dit by
gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien. In Bak dit self wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie 'n onbegonne taak hoef te wees nie.

Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrekoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak. Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje-en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek.

Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit. Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie. Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.

Classification

General Subject
Baking & Cake Decorating
BIC Classification 1
Cooking for/with children

Author Bio

Marlene Schoeman woon sedert 2014 in Ladybrand, digby die Maluti's. Haar man, Andre, is haar grootste inspirasie en in haar mooi ateljee by hul huis kan sy
haar kreatiwiteit en skeppingsvermoe na hartelus uitleef. As sy nie skryf of skilder nie, bak sy vir haar talle klante, of maak uit plastiese versiersel die voorwerpe en karaktertjies wat haar vorige boeke so gewild gemaak het.

Sy doen ook landwyd suikerkunsdemonstrasies en is Bakels se plastieseversiersel-ambassadeur. Marlene se passie vir haar kuns blyk duidelik uit alles wat sy aanpak. Sy glo dat net die beste goed genoeg is wanneer jy iets vir ander mense voorsit. Soos sy tereg se: "Mense kan afskeep proe."