25 Trappe Na Benede - Madelein Rust (Paperback)

Dispatched in 5 to 7 working days
Price
228
RRP
R 280
(-19%)
No reviews yet.
Raru User Review Competition: Write a Review and Win! 1 x R500 Raru Voucher up for grabs every month!

Details...

Description

Wat wag daar om ontdek te word net vyf en twintig trappe na benede? Wanneer Renée Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en skarlaken lipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wêreld van haar alterego. As Lisbé is sy nie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar ʼn bedrewe knoeier wat haar voordoen as ʼn waarsêer om haar trust fonds aan te vul. Vir haar is Janine Oosterhuis, ʼn doktersvrou wat oortuig is haar man wil haar vermoor, presies die tipe kliënt wat sy soek: skatryk en paranoïes. Maar die dag toe dié vrou met die groot diamante en bang oë haar huis binnestap, het alles verander. Hoe kon sy voorsien dat iemand die vrou werklik sou vermoor? Terwyl Renée ondersoek instel, veg sy teen nuwe herinneringe en teisterende nagmerries van die dag toe haar driejarige broertjie dood is. Hoe meer sy probeer uitrig hoe groter raak haar ma, Melisandré, se afksu. En dan is daar haar ontwikkelende gevoelens jeens Hermann, die onweerstaanbare polisieman. Wat het daardie dag met haar boetie gebeur? Is dit waarom haar ma haar herhaaldelik straf en oënskynlik haat? En waarom bly sy droom van die kelder in hulle Bayswaterhuis? Wat wag daar om ontdek te word, net vyf en twintig trappe na benede? Renée móét onthou as sy haar lewe wil terug hê.

Product Details

Barcode
9780639607627
Department
Books
Released
13 Jul 2021
Content Source
South African
Supply Source
South Africa

Book

Author
Madelein Rust
Binding
Paperback
Publisher
Lapa
Edition
1
Language
Afrikaans
Number of Pages
320

Classification

General Subject
Romance/General