Tjiff & Tjaff Speeltyd (DVD)

In Stock
Price
109
Normal Price
R 161
(-32%)
No reviews yet.

Description

Wolf-Wolf en Hop Scotch. Tjiff en Tjaff ry met `n treintjie na hulle gunsteling speelplek en speel verskillende speletjies soos “Wolf- Wolf, hoe laat is dit?” en “Hop Scotch”. Terwyl hulle speel, leer hulle ook die reëls
van al die speletjies ken. Donkie. Tjiff en Tjaff ontdek nog `n nuwe speletjie, “Donkie”. Die twee geniet hulself
gate uit en probeer allerhande dinge voordat hulle die speletjie bemeester. Na die speletjie bederf hulle hulself met melkskommels.
See toe. Tjiff en Tjaff besluit om strand toe te gaan en te kyk wat alles daar gebeur. Hulle het `n heerlike tyd op die strand en baljaar, skop bal en bou sandkastele.
Adam-en-Eva en Bok-in-die-Hok. Tjiff en Tjaff leer nog nuwe opwindende speletjies,“Adam-en-Eva”en “Bok-in-die-Hok”. Dis ou speletjies wat jare gelede deur Mamma en Pappa gespeel is en nou weer ontdek word
deur ons twee gunsteling karakters.
Boeresport. Tjiff en Tjaff besluit om meer te leer oor Boeresport en wat dit alles behels. Speletjies soos Aartappelresies, Sak- en Driepootresies word probeer.
Raak-aan en Touspring. Tjiff en Tjaff ry met `n treintjie na hulle gunsteling speelplek. Geniet al die nuwe lekker speletjies wat julle by die huis kan speel soos “Raak-aan” en Touspring.
Krieket en Sokker. Tjiff en Tjaff geniet hulleself gate uit met Aksie-krieket en Sokker.
Die reëls word ook baie maklik aan die maatjies verduidelik. Na die speletjie bederf
hulle hulself met melkskommels.
Perdry en Klippieskool. Tjiff en Tjaff besluit om iets te doen wat hulle nog altyd wou doen. Hulle gaan ry perd en speel Klippieskool. Die twee is baie lief vir die buitelewe en geniet hulself terdeë.

Product Details

Barcode
6009516621840
Department
Movies & TV
Released
4 Dec 2015
Type
TV Shows
Format
DVD
Genre
Afrikaans
Region
Region 2
Language
Afrikaans
Studio
KYKNET
Runtime
100 min
Age Restriction
A
Supply Source
South Africa